エピソード

  • Ep 31 - Ons gaan Withuis toe omdat die ANC sloer!
    2025/10/09

    Dirk en Jaco gee vir ons ʼn blik agter die skerms oor wat op die onlangse toer na Amerika gebeur het. Dit het 24 dae, 7 state en 2 besoeke aan die Withuis behels. Jaco gesels oor die vensterperiode wat tans oop is, wat ongelooflike geleenthede vir Suid-Afrika se verhouding met Amerika inhou mits dit reg bestuur word. Die regering doen alles in hul vermoë om ons in ʼn slegte lig te plaas, maar kry dit nie reg nie. Die Trump-administrasie heg meer waarde aan ons verslae as dié van die ANC. Luister vandeesweek se episode om meer eksklusiewe nuus te kry.

    続きを読む 一部表示
    27 分
  • Ep 30 - Charlie Kirk – net ʼn oomblik in tyd of ʼn ewigheid?
    2025/10/02

    Regoor die wêreld het mense oor die dood van Charlie Kirk gerou. Waarom het, veral jong mense, by Kirk aanklank gevind en oor sy dood getreur? Hierdie week gesels Dirk met Myrtle Endley oor rentmeesterskap, en oor hoe Kirk met opregte passie en eenvoudige waarhede jong mense gehelp het om die lig in ʼn deurmekaar wêreld te vind.

    続きを読む 一部表示
    22 分
  • Ep 29 - Wat het in die Withuis gebeur?
    2025/10/01

    Die gesprekke in die Withuis wat oor Suid-Afrika handel, is nog lank nie verby nie. Dit is krities dat hierdie gesprekke voortgesit word om ʼn oplossing te vind vir die huidige tariefoorlog wat tussen Amerika en Suid-Afrika woed. Dit is egter nog meer belangrik dat gewone Suid-Afrikaners nie die prys vir die Suid-Afrikaanse regering se ideologie betaal nie. Dirk en Jaco Kleynhans gesels hierdie week oor die gesprekke wat tot dusver in Amerika plaasgevind het en hoekom Solidariteit steeds intree waar die regering kort kom.

    続きを読む 一部表示
    15 分
  • Ep 28 - VSA-tariewe: Wag daar ʼn protes op ons?
    2025/10/01

    Die golf van afleggings in Suid-Afrika duur voort. Dirk gesels hierdie week met Gideon du Plessis oor die toename van 100 000 afleggings binne ʼn enkele week, en dit is nog net die eerste vlaag. Wat wag op ons en wat is die oplossing? Kyk en gesels saam.

    続きを読む 一部表示
    17 分
  • Ep 27 - Kwart miljoen werke kwyt; dis net die begin
    2025/10/01

    Kwart miljoen werke kwyt en dit is net die begin. Die regering swyg steeds. Hulle soek ‘n ekonomiese oplossing vir ‘n politieke probleem. Wat is die rol van Solidariteit en ander vakbonde vorentoe? Dirk gesels hierdie week met Gideon du Plessis oor ons ope brief aan president Cyril Ramaphosa oor die huidige krisis in die werksmag. Luister saam op al ons platforms.

    続きを読む 一部表示
    17 分
  • Ep 26 - Die ANC sit soos ʼn stout kind in die hoek
    2025/09/30

    Die ANC sit soos stout kinders in die hoek en sê almal is lelik met hulle. In hierdie week se episode gesels Dirk met Jaco Kleynhans oor die komende besoek aan Amerika en die werklike impak van die tariewe op Suid-Afrika. Ons gaan vir ons land en ons mense opstaan!

    続きを読む 一部表示
    23 分
  • Ep 25 - Cyril het ʼn graad, maar geen ruggraat nie.
    2025/09/30

    Die ANC bereik ʼn historiese laagtepunt! President Cyril Ramaphosa het vele grade, maar geen ruggraat. In vandeesweek se episode gesels Dirk met Connie Mulder en hulle ontleed die huidige politieke klimaat. Dit is reg om te vrees, maar daar is soveel meer om oor opgewonde te wees! Luister graag en besluit self hoe ʼn post-ANC Suid-Afrika vir jou sal lyk.

    続きを読む 一部表示
    21 分
  • Ep 24 - SA se toekoms lyk beter as dié van Europa
    2025/09/23

    Ons hoor dikwels die vraag: gaan jy bly of gaan jy gly? Ja, die ANC maak dit ongemaklik in ons land, maar hoe lyk die toekoms regtig in Westerse lande? Hierdie week gesels Dirk Hermann en Jaco Kleynhans oor die moontlikhede as jy sou oorweeg om te emigreer, en hoekom Suid-Afrika se toekoms in baie opsigte beter lyk as dié van ander Westerse lande.

    続きを読む 一部表示
    21 分