『Die Solidariteit Wêreld met Dirk Hermann』のカバーアート

Die Solidariteit Wêreld met Dirk Hermann

Die Solidariteit Wêreld met Dirk Hermann

著者: Solidariteit
無料で聴く

このコンテンツについて

Kom luister saam wanneer Dirk Hermann met verskeie gaste oor gebeure in die wêreld en by Solidariteit gesels. Hierdie gefokusde gesprekke gee kykers 'n ander perspektief op hoe gebeure op nasionale en internasionale vlak die wêreld van werk beïnvloed.Solidariteit 政治・政府 政治学
エピソード
  • Ep 31 - Ons gaan Withuis toe omdat die ANC sloer!
    2025/10/09

    Dirk en Jaco gee vir ons ʼn blik agter die skerms oor wat op die onlangse toer na Amerika gebeur het. Dit het 24 dae, 7 state en 2 besoeke aan die Withuis behels. Jaco gesels oor die vensterperiode wat tans oop is, wat ongelooflike geleenthede vir Suid-Afrika se verhouding met Amerika inhou mits dit reg bestuur word. Die regering doen alles in hul vermoë om ons in ʼn slegte lig te plaas, maar kry dit nie reg nie. Die Trump-administrasie heg meer waarde aan ons verslae as dié van die ANC. Luister vandeesweek se episode om meer eksklusiewe nuus te kry.

    続きを読む 一部表示
    27 分
  • Ep 30 - Charlie Kirk – net ʼn oomblik in tyd of ʼn ewigheid?
    2025/10/02

    Regoor die wêreld het mense oor die dood van Charlie Kirk gerou. Waarom het, veral jong mense, by Kirk aanklank gevind en oor sy dood getreur? Hierdie week gesels Dirk met Myrtle Endley oor rentmeesterskap, en oor hoe Kirk met opregte passie en eenvoudige waarhede jong mense gehelp het om die lig in ʼn deurmekaar wêreld te vind.

    続きを読む 一部表示
    22 分
  • Ep 29 - Wat het in die Withuis gebeur?
    2025/10/01

    Die gesprekke in die Withuis wat oor Suid-Afrika handel, is nog lank nie verby nie. Dit is krities dat hierdie gesprekke voortgesit word om ʼn oplossing te vind vir die huidige tariefoorlog wat tussen Amerika en Suid-Afrika woed. Dit is egter nog meer belangrik dat gewone Suid-Afrikaners nie die prys vir die Suid-Afrikaanse regering se ideologie betaal nie. Dirk en Jaco Kleynhans gesels hierdie week oor die gesprekke wat tot dusver in Amerika plaasgevind het en hoekom Solidariteit steeds intree waar die regering kort kom.

    続きを読む 一部表示
    15 分
まだレビューはありません