エピソード

  • 16 Augustus 2026 || Selfs Hier || Pieter Roeloffse
    2026/08/16

    “The Christian shoemaker does his duty not by putting little crosses on the shoes, but by making good shoes - because God is interested in good craftsmanship.”
    — Martin Luther

    続きを読む 一部表示
    46 分
  • 23 Augustus 2026 || Heiligheid Om Die Tafel || Deon Botha
    2026/08/23

    Jesus vertel van ’n gasheer wat sê: ‘Kom, alles is gereed.’ Een van die moeilikste dinge om te aanvaar van die Christelike geloof, is dat dit nie begin by wat ons vir God doen nie, maar by dit wat God vir ons voorberei het. Ons is gaste by ‘n feesmaal. Ons moet net opdaag en dit ontvang. Jesus is die gasheer wat aan ’n tafel sit, brood neem, dank, dit breek en vir sy dissipels uitdeel. God nooi en voorsien, ons moet net ontvang.

    By die Laaste Avondmaal sê Jesus vir sy dissipels dat hulle moet EET tot sy gedagtenis.

    Van al die dinge wat Jesus kon kies wat hulle moes doen om Hom te onthou, kies Jesus ’n maaltyd.Hy kon vra: om iets indrukwekkends of mistiek te doen—
    …om ’n berg uit te klim,
    …veertig dae lank te vas, of
    …een of ander buitengewone geestelike ritueel deel te neem.
    Maar Hy kies een van die mees gewone menslike handelinge: eet. Hy sê die brood is sy liggaam en die wyn is sy bloed. Hy kies dit wat alledaags en eenvoudig is.

    続きを読む 一部表示
    28 分
  • 30 Augustus 2026 || Hier Omgevou Deur Genade || André Serfontein
    2026/08/30

    Genade is soms verbasend alledaags.

    I do not understand the mystery of grace - only that it meets us where we are but does not leave us where it found us.
    - Anne Lamott

    続きを読む 一部表示
    31 分
  • 09 Augustus 2026 || Hier Binne 'n Groter Storie || André Serfontein
    2026/08/09

    Die storie van Josef is ’n voorloper tot die storie van Jesus. Dit vertel van ’n Vader wat verbind is daartoe om Josef se storie te verweef met ’n veel groter narratief: om lewe te skep uit dood.

    Ons deelname vra vir die geloof en vertroue dat dít God se hart is vir ons ook; dat dít is wat Hy steeds doen. Hy is die tipe outeur wat elke hoofstuk van ons lewens wil verweef tot ’n storie wat lewegend is. Ek dink dis die konteks waarbinne ons Jesus se woorde in Joh 10 moet verstaan: “…Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”

    - André

    続きを読む 一部表示
    34 分
  • 02 Augustus 2026 || Kyk Hier || Heinrich Dry
    2026/08/02

    Want God wat gesê het, “Laat daar uit die duisternis lig skyn,” dit is Hy wat in ons harte geskyn het om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, in die aangesig van Jesus Christus.
    •⁠ ⁠2 Korinthiërs 4:6 AFR20

    続きを読む 一部表示
    32 分
  • 26 Julie 2026 || Reeds Hier || André Serfontein
    2026/07/26

    God werk selde deur kitsoplossings of onmiddellike antwoorde. Hy is teenwoordig in die stadige ritmes van die alledaagse lewe – in gesprekke, maaltye, werk, mense, wandelings, stilte, gebed en seisoene wat dag vir dag ontvou. Ons moet net ontwaak. Hy skip ook nie liedjies nie. Hy vra eerder dat ons sal vertrou dat Hy in elke hoofstuk van ons lewens betrokke is, en dat Hy dit als kan herskryf as ’n groter storie. - André

    続きを読む 一部表示
    27 分
  • 19 Julie 2026 || Skoonheid • Eenvoud || Pieter Roeloffse
    2026/07/19

    ’n Duisend stemme skreeu soos markplein-verkopers vir ons aandag. Die nuutste guru’s vertel ons hoe ons moet dink. Sosiale media vertel ons waarvoor ons moet omgee. Christelike boeke belowe die vyf stappe na geestelike groei. Invloedryke Christelike stemme verduidelik wat "ware Christenskap" nou eintlik is. Politieke stemme vertel ons hoe die Koninkryk behoort te lyk.

    Elke dag ontvang ons meer inligting as wat vorige generasies in maande ontvang het. En êrens onder al hierdie geraas skarrel ons na: “Waaroor gaan die Christelike geloof nou eintlik?”

    Miskien is die grootste uitdaging van ons tyd nie ongeloof nie - maar afleiding/distraction. Nie omdat ons Christus verwerp het nie, maar omdat ons aandag gefragmenteer geraak het.

    続きを読む 一部表示
    30 分
  • 12 Julie 2026 || Skoonheid • Vriendskap || Deon Botha
    2026/07/12

    Ons is geskep na die beeld van God, in verhouding — Vader, Seun en Heilige Gees

    Gesonde vriendskappe ly gereeld onder die illusie dat romantiese verhoudings belangriker is, selfs al is wat nodig is. Dit doen my huwelik goed dat ons goeie vriende het, ons doen afsonderlik goed saam met vriende maar ook saam. Ware, diep vriendskappe is waarskynlik van die mees onderskatte van alle verhoudings.

    Gelukkig is die heel beste bron oor vriendskap, en die skoonheid van vriendskap, God se Woord. Sommer aan die begin in Genesis, sien ons God se storie begin met verhouding. God skep die mens vir gemeenskap — met Hom, die skepping en mekaar. Dit is opvallend dat die eerste ding wat God as “nie goed nie” (nie mooi nie) beskryf, was nie sonde nie, maar eensaamheid: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie.” (Genesis 2:18)

    続きを読む 一部表示
    27 分