23 Augustus 2026 || Heiligheid Om Die Tafel || Deon Botha
カートのアイテムが多すぎます
カートに追加できませんでした。
ウィッシュリストに追加できませんでした。
ほしい物リストの削除に失敗しました。
ポッドキャストのフォローに失敗しました
ポッドキャストのフォロー解除に失敗しました
-
ナレーター:
-
著者:
Jesus vertel van ’n gasheer wat sê: ‘Kom, alles is gereed.’ Een van die moeilikste dinge om te aanvaar van die Christelike geloof, is dat dit nie begin by wat ons vir God doen nie, maar by dit wat God vir ons voorberei het. Ons is gaste by ‘n feesmaal. Ons moet net opdaag en dit ontvang. Jesus is die gasheer wat aan ’n tafel sit, brood neem, dank, dit breek en vir sy dissipels uitdeel. God nooi en voorsien, ons moet net ontvang.
By die Laaste Avondmaal sê Jesus vir sy dissipels dat hulle moet EET tot sy gedagtenis.
Van al die dinge wat Jesus kon kies wat hulle moes doen om Hom te onthou, kies Jesus ’n maaltyd.Hy kon vra: om iets indrukwekkends of mistiek te doen—
…om ’n berg uit te klim,
…veertig dae lank te vas, of
…een of ander buitengewone geestelike ritueel deel te neem.
Maar Hy kies een van die mees gewone menslike handelinge: eet. Hy sê die brood is sy liggaam en die wyn is sy bloed. Hy kies dit wat alledaags en eenvoudig is.