Josh & Kie: 'n Magiese Potgooi

著者: Constant van Graan
  • サマリー

  • Hierdie is die amptelike Jungu Josh-podsending - kort episodes oor die wêreld, karakters, mites en musiek van Constant van Graan se gewilde fantasiereeks.

    © 2025 Josh & Kie: 'n Magiese Potgooi
    続きを読む 一部表示

あらすじ・解説

Hierdie is die amptelike Jungu Josh-podsending - kort episodes oor die wêreld, karakters, mites en musiek van Constant van Graan se gewilde fantasiereeks.

© 2025 Josh & Kie: 'n Magiese Potgooi
エピソード
  • Episode 3: Word 'n Magani-foendi!
    2025/04/21

    In hierdie episode hoor jy oor die Magani-taal: waar dit vandaan kom, hoe dit klink en hoe jy dit vlot kan leer praat! Sluit aan by Constant van Graan, skepper van Jungu Josh (en Magani), om te hoor oor die Magani-woordeboek, frases, en sy gunstelingwoorde en -gesegdes. Were waijona!

    続きを読む 一部表示
    10 分
  • Episode 2: Wat is jou totemdier, ou maat?
    2025/04/12

    Is jy 'n sosiale sebra? Of 'n vorstelike leeu? Miskien 'n onverskrokke krokodil? Kom luister saam na die nuutste podsending oor Jungu Josh, die avontuurreeks, en vind uit wat is jou gunstelingkarakter (en jou eie!) totemdier. Oudergewoonte neem Constant van Graan, skepper van Jungu Josh, jou op 'n bondige, magiese reis deur Kalimbula.

    続きを読む 一部表示
    10 分
  • Episode 1: Wat is Jungu Josh?
    2025/03/29

    Welkom by die heel eerste episode van die Jungu Josh-podsending! In hierdie kort en avontuurlustige 15 minute leer ken jy:

    • Wie Josh McGreer is – ’n 13-jarige seun wat homself skielik in ’n magiese, verborge Afrika-vallei bevind…
    • Wat Kalimbula is – ’n wêreld gevul met totemdiere, gevaarlike diere, ’n antieke taal, en geheime wat wag om ontbloot te word…
    • En hoekom hierdie fantasie-reeks anders is as enigiets wat jy al gelees het.

    Constant van Graan, die skrywer van Jungu Josh, neem jou saam op reis - met ’n voorsmakie van die karakters, temas, musiek én wat jy in komende episodes kan verwag.

    As jy hou van avontuur, geheime en stories wat met jou práát - dan is jy op die regte plek.


    Kalimbula wag…

    (Hierdie podsending is in Afrikaans. Besoek jungujosh.com/en vir meer oor die reeks in Afrikaans en Engels.)

    続きを読む 一部表示
    13 分

Josh & Kie: 'n Magiese Potgooiに寄せられたリスナーの声

カスタマーレビュー:以下のタブを選択することで、他のサイトのレビューをご覧になれます。