『Luttig se Lens』のカバーアート

Luttig se Lens

Luttig se Lens

著者: Daniël "DF" Luttig
無料で聴く

このコンテンツについて

Welkom by Luttig se Lens, ’n Afrikaanse podsending waar ons aktuele sake bespreek, saam reflekteer, en probeer sinmaak van die menslike toestand en ingesteldheid.

My naam is Daniël Luttig, en ek is ’n Kliniese Sielkundige in die Noordelike voorstede van die Kaap. Elke episode gesels ek met ’n gas oor ’n kwessie wat vir my interessant is, wat alledaags in ons samelewing voorkom, maar wat ook daadwerklik ‘n impak op mense se lewens kan maak. Saam bespreek ons die onderwerp en probeer maniere vind om ons gedagtes te ontwikkel en te navigeer.

**Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen dokter/kliënt-verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.

© 2025 Luttig se Lens
エピソード
  • Sartre se staar
    2025/08/22

    Het jy al ooit gewonder hoekom jy self-bewus word wanneer jy vermoed iemand "staar" na jou? In die nuutste aflewering van my nuwe podsending bespreek ek en Francois Liebenberg, ook 'n kliniese sielkundige in privaatpraktyk, die filosofiese beginsels agter hierdie verskynsel asook hoe dit sielkundig manifesteer. Die onderwerpe vir ons gesprek:

    1. 02:15 Konsep van die "staar" / "the gaze"
    2. 04:52 Impak op ons psige: sosiale angs, Jung se skadu en projektering, emosionele regulering, die virtuele staar, outentiekheid, aanvaarding, verdedigingsmeganismes en die koste van "managed perceptions", inperking en vryheid
    3. 30:08 Die mag van jou blik op ander en die impak van terapie
    4. 34:42 Kan ons die staar ontsnap?

    Dink en gesels graag saam met ons!

    Dr. Ed Tronick se "still face" eksperiment: https://www.youtube.com/watch?v=FaiXi8KyzOQ

    Hierdie podsending-episode is moontlik gemaak in samewerking met die Daniël Luttig Kliniese Sielkunde Inc.-praktyk (https://www.danielluttigpsychology.co.za/ & Instagram).

    *Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen terapeutiese verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.

    Volg ons op Instagram en gesels saam: https://www.instagram.com/luttig_se_lens/

    続きを読む 一部表示
    43 分
  • Die stand van videospeletjies (deel 2)
    2025/08/11

    Welkom by nog ’n episode van Luttig se Lens, ’n Afrikaanse podsending waar ons aktuele sake bespreek, saam reflekteer, en probeer sinmaak van die menslike toestand en ingesteldheid.

    Het jy geweet Neil Sandilands, a.k.a. Bart van 7de Laan, was 'n stem-akteur in Metal Gear Solid V: The Phantom Pain? Het jy al gewonder hoe jou sielkundige kant in videospeletjies geprojekteer word? Luister in hierdie opvolg-episode hoe ek en Ben gesels oor die volgende sake in die videospeletjie-industrie:

    • 01:20 Remakes en remasters
    • 07:48 Nostalgiese neigings: hunkering en verlange na die games van ouds
    • 10:56 DLC en microtransactions
    • 16:27 Indie games
    • 30:00 Die versmelting van videospeletjies as 'n kunsmedium met ons psige
    • 39:18 Comic Con Kaapstad (Mei 2025): plaaslike industrie, esports en die pad vorentoe

    Dink en gesels graag saam met ons!

    Hierdie episode is opgeneem op 4 Mei 2025.

    *Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen terapeutiese verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.

    Volg ons op Instagram en gesels saam: https://www.instagram.com/luttig_se_lens/

    続きを読む 一部表示
    57 分
  • Die stand van videospeletjies (deel 1)
    2025/07/28

    Welkom by nog ’n episode van Luttig se Lens, ’n Afrikaanse podsending waar ons aktuele sake bespreek, saam reflekteer, en probeer sinmaak van die menslike toestand en ingesteldheid.

    My naam is Daniël Luttig, en ek is ’n kliniese sielkundige in die noordelike voorstede van die Kaap. Elke episode gesels ek met ’n gas oor ’n kwessie wat vir my interessant is, wat alledaags in ons samelewing voorkom, maar wat ook daadwerklik ‘n impak op mense se lewens kan maak. Saam bespreek ons die onderwerp en probeer maniere vind om ons gedagtes te ontwikkel en te navigeer.

    In die derde aflewering van my nuwe podsending, bespreek ek en Ben Vorster, 'n gamer van formaat, die stand van sake in die videospeletjie-industrie. Ons gesels dus oor:

    • 02:51 Hoekom Ben 'n completionist gamer is
    • 19:37 Joernalistiek se veranderende landskap
    • 24:01 Opgeblase games ten koste van diepte en substans
    • 38:31 Vryheid in videospeletjies

    Dink en gesels graag saam met ons!

    Hierdie episode is op 3 Mei 2025 opgeneem.

    *Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen dokter/kliënt-verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.

    Volg ons op Instagram en gesels saam: https://www.instagram.com/luttig_se_lens/

    続きを読む 一部表示
    53 分
まだレビューはありません