Audible会員プラン登録で、12万以上の対象タイトルが聴き放題。

聴き放題対象外タイトルです。Audible会員登録で、非会員価格の30%OFFで購入できます。

無料体験で、12万以上の対象作品が聴き放題に
アプリならオフライン再生可能
プロの声優や俳優の朗読も楽しめる
Audibleでしか聴けない本やポッドキャストも多数
無料体験終了後は月会費1,500円。いつでも退会できます。
『Die blou van onthou [The Blue Remembered]』のカバーアート

Die blou van onthou [The Blue Remembered]

著者: Marita van der Vyver
ナレーター: Anna-Mart van der Merwe
¥ 2,590で会員登録し購入

無料体験終了後は月額¥1,500。いつでも退会できます。

¥ 3,700 で購入

¥ 3,700 で購入

下4桁がのクレジットカードで支払う
ボタンを押すと、Audibleの利用規約およびAmazonのプライバシー規約同意したものとみなされます。支払方法および返品等についてはこちら

あらすじ・解説

Hierdie publikasie van Marita van der Vyver is ʼn wydstromende rivier van ʼn roman, ʼn boek wat die leser onderdompel en omrol en maal in sy kolke van stemme en geskiedenis en oeroue hunkerings. Die verhaal word vertel vanuit die perspektief van drie opeenvolgende generasies – drie vroue wat reageer op mekaar en hul tyd. Hulle lewe in spanning, tussen weggaan en moet bly, en tussen vergeet en móét onthou, omdat onthou die enigste skakel is wat hulle nog met die oerbron van hul bestaan verbind. Dié skakel in die verhaal word verskaf deur Colette Cronjé, die oudste van die vroue wat as t' ware na die oorsprong teruggedwing word wanneer sy ʼn brief ontvang van haar lank verlore kleindogter, Tina. Deur dié onverwagse kontak begin Colette onthou, en sy begin vertel, want Tina is op die spoor van die familiegeskiedenis – en onderweg na Portugal, waar alles begin het. ʼn Leeftyd lank het Colette dit reggekry om daardie vroeë episode te verdring. Nou word sy gedwing om dit wat sy destyds so jubelend in haar joernaal beskryf het, opnuut in herinnering te roep. Sy word weer gekonfronteer deur Tina se biologiese ma, háár dogter, se desperate verset teen haar herkoms, haar kultuur, die land se politieke bestel. En dit ruk haar terug na die omstandighede wat haar jare gelede alle kontak met haar kleinkind ontneem het. Wanneer haar ouers kort ná mekaar sterf, spoor Tina haar bejaarde ouma op en laat haar vertel: Van Portugal. Van haar dogter, Nandi, wie se verset so ver gestrek het dat sy haar kind laat aanneem het en alleen oorsee is om te sterf. En die verhaal wat sy hoor, laat Tina besluit om terug te loop op die spore… in die hoop om haar herkoms op sy felste te belig. Die blou van onthou is deels ʼn Afrikanergeskiedenis, deels die geskiedenis van ʼn bepaalde familie. Marita van der Vyver laat jou vir hierdie familie soveel omgee dat hulle geskiedenis ten slotte voel soos jou eie – deur nuwe oë gesien.

Please note: This audiobook is in Afrikaans.

©2012 Marita van der Vyver (P)2015 NB Publishers

Die blou van onthou [The Blue Remembered]に寄せられたリスナーの声

カスタマーレビュー:以下のタブを選択することで、他のサイトのレビューをご覧になれます。