『Episode 9: Lydia Winchester』のカバーアート

Episode 9: Lydia Winchester

Episode 9: Lydia Winchester

無料で聴く

ポッドキャストの詳細を見る

【Amazonプライム会員限定】今ならプレミアムプランが4か月 月額99円。

10月19日まで。※適用条件あり
Lydia Winchester kan nie sing of ’n instrument bespeel nie, maar het een van die skerpste ore in die Afrikaanse musiekbedryf.

As promotor, het sy ’n beduidende rol gespeel in die loopbane van huishoudelike name soos Gé Korsten, Anneli van Rooyen, Rina Hugo, Carike Keuzenkamp, André Schwartz, Lance James en die grapjas Bill Flynn, en was sy selfs skakelbeampte vir die Reggae-legende Eddy Grant.

Winchester se loopbaan in die musiekbedryf het bykans 40 jaar gelede posgevat, toe sy deur die platevervaardiger Boet Pretorius aangestel was as skakelbeampte van die Decibel-platemaatskappy.

Hierdie dinamiese vrou is reeds met talle toekennings vereer, onder andere ’n Ghoema vir lewensbydrae, en haar motto is eenvoudig: Die lewe is ’n lied, en môre lyk dit anders…
adbl_web_anon_alc_button_suppression_t1
まだレビューはありません