『Episode 12: Sonja Herholdt』のカバーアート

Episode 12: Sonja Herholdt

Episode 12: Sonja Herholdt

無料で聴く

ポッドキャストの詳細を見る

【Amazonプライム会員限定】今ならプレミアムプランが4か月 月額99円。

10月19日まで。※適用条件あり
Sonja Herholdt, die ‘Meisie van Nigel’, is reeds die afgelope bykans 50 jaar die ‘Liefling’ van Afrikaanse musiek.

Sy het in die sewentigerjare ’n wegholtreffer met die liedjie ‘Ek verlang na Jou’ gehad, wat haar fenominale sangloopbaan van stapel gestuur het.

Met nog ’n rits treffers, insluitende ‘Die Trein na Matjiesfontein’, ‘Harlekyn’, ‘Jantjie’ en ‘Waterblommetjies’, word sy die enigste Afrikaanse sangeres wat ses jaar in ’n ry aangewys was as SARIE se Beste Sangeres van die Jaar.

Herholdt se ereplek in die Afrikaanse musiekbedryf is onteenseglik, maar oor die afgelope klompie jare het hierdie dinamiese blondekop haarself ook onderskei as ’n kampvegter vir ‘vrouwees’ en motiveringspreker van formaat.

Haar verhaal is een van ongelooflike inspirasie…
adbl_web_anon_alc_button_suppression_t1
まだレビューはありません