『Episode 11: Boet Pretorius』のカバーアート

Episode 11: Boet Pretorius

Episode 11: Boet Pretorius

無料で聴く

ポッドキャストの詳細を見る

【Amazonプライム会員限定】今ならプレミアムプランが4か月 月額99円。

10月19日まで。※適用条件あり
As 'n musiekregisseur, -vervaardiger en -verwerker, is Boet Pretorius ongetwyfeld ’n legende, en pionier, in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.

Volgens Pretorius het hy egter bloot sy passie nagevolg.

Van die talle kunstenaars wat hy oor die jare met hul musiekloopbane bygestaan het, sluit in Die Briels, Gé Korsten, Min Shaw, Lance James, Groep Twee en Carike Keuzenkamp.

Nadat hy aanvanklik by Brigadiers Musiek sy loopbaan begin het, het Pretorius in 1981 die platemaatskappy Decibel Musiek op die been gebring, wat ongeveer 130 goue en 15 platinum plate sou oplewer.

Hoewel daar hope talent daarbuite is, glo Pretorius dat dit nie die kunstenaar is wat ’n liedjie maak nie, maar wel die liedjie wat die kunstenaar maak…
adbl_web_anon_alc_button_suppression_t1
まだレビューはありません