Barend Beer en die Woud van Hartseer
カートのアイテムが多すぎます
カートに追加できませんでした。
ウィッシュリストに追加できませんでした。
ほしい物リストの削除に失敗しました。
ポッドキャストのフォローに失敗しました
ポッドキャストのフォロー解除に失敗しました
聴き放題対象外タイトルです。Audibleプレミアムプラン登録で、非会員価格の30%OFFで購入できます。
¥1,090 で購入
-
ナレーター:
-
Christina van Deventer
Wanneer Barend se mamma-beer ’n uitnodiging uit Die Hemel ontvang is Barend aanvanklik kwaad. Hoe kan sy ma hom alleen los terwyl sy op reis gaan na ’n plek waarvandaan sy nie beplan om terug te keer nie?
Barend agtervolg sy ma wanneer sy haar reis aanhef, maar op pad Hemel toe verloor hy haar spoor en verdwaal hy in die Woud van Hartseer.
Hoe gaan hy sy pad uit die diepste, donkerste woud in die wêreld vind?
Volg Barend op die grootste avontuur van sy lewe, terwyl hy die pad huis toe vind, terug na waar hy in sy drome en gedagtes deur sy moeder besoek kan word, en die enigste adres waar hy sy eie hemelse uitnodiging eendag kan ontvang.
Barend Beer en die Woud van Hartseer is 'n verhaal oor verlies, maar ook oor hoop en die vriendskappe wat in die grootste oomblikke van nood gesmee word. Hierdie boek is geskik vir kinders en tieners wat reeds gevorderde lesers is, asook vir enigiemand wat hulself in die Woud van Hartseer bevind na die verlies van 'n geliefde. Die tema van verlies word met teerheid aangebied, en dus kan selfs die jongstes en die oudstes by hierdie verhaal aanklank vind.
Please Note: This audiobook is in Afrikaans
©2026 Christina van Deventer (P)2026 Christina van Deventer