エピソード

  • ONDERHOUD: STEPHEN FRANCIS EN RICO GESELS OOR HULLE NUWE BOEK – MADAM IMPOSSIBLE
    2025/12/19
    Welkom terug by Styleskoops. Madam & Eve is sedert 1992 deel van Suid-Afrika se politieke en sosiale gesprek, en span humor in om lesers te help om alles te navigeer, van die einde van apartheid tot die nuutste skandale en slaggate. Met hul nuwe jaarlikse publikasie, Madam Impossible, verander Stephen Francis en Rico weereens die afgelope jaar se chaos in skerp, toeganklike satire, wat dit die perfekte geleentheid maak om te praat oor hoe hul werk steeds Suid-Afrika se wipwaentjiepolitiek weerspieël en oorleef. Stephen is die skrywer van die strokiesprent terwyl Rico die illustrasies doen. Hulle sluit nou by ons aan om ons alles oor hul nuwe boek te vertel.
    続きを読む 一部表示
    14 分
  • ONDERHOUD: STEFAN LÖTTER GESELS OOR SY LOOPBAAN AS AKTEUR
    2025/02/10
    Welkom by Styleskoops. Ons gesels vandag met Stefan Lötter, ʼn jong man wat eers Ekonomie studeer het, maar altyd ʼn passie gehad het vir die kunste en toe radio omroeper geword het. In 2023 verruil hy die radio mikrofoon vir televisie en die verhoog. Hy maak ʼn draai voor die kameras as ʼn jong Gys Swarts in die Kyknet sepie Diepe Waters en is tans te sien op die professionele verhoog in die skreeusnaakse klug My Boetie se Sussie se Ou. Sy dae bestaan uit werk as eiendomsagent, woorde leer en toneelspeel. ʼn Besige skedule, maar een wat hy met ywer en passie aanpak. Stefan dankie vir die gesels vandag.
    続きを読む 一部表示
    6 分