『Sielsverlange || Na-Leef Gedagte || 11 Februarie 2026』のカバーアート

Sielsverlange || Na-Leef Gedagte || 11 Februarie 2026

Sielsverlange || Na-Leef Gedagte || 11 Februarie 2026

無料で聴く

ポッドキャストの詳細を見る

概要

Hoekom word sekere ervarings - van musiek, tot geregte, tot mense, tot plekke - as sielvol beskryf en ander nie? Waak miskien vir ’n oomblik, as ’n oorgestimuleerde wese, daarteen om te besef dat dit by sielvol nie noodwendig gaan oor nuwe ervarings of blootstelling nie. Dit gaan dalk juis nie oor novelty se verleiding nie, maar oor ’n oer-roering wat jou stroop van al die toevoegsels wat ons met lewe verwar. Dit het dalk juis met minder as met meer te doen, met gestroop as met nog en nog en nog…Dis meer soos om ’n ou hout tafel te restoureer en jare lange verf-lae sorgvuldig af te stroop om die grein, geur, kleur, die karakter en oorsprong vry te laat as om ’n nuwe gadget of laag verf op die tafel aan te bring.

まだレビューはありません