『25 December 2025 || Die geskenk van LIEFDE wat mens word || Pieter Roeloffse』のカバーアート

25 December 2025 || Die geskenk van LIEFDE wat mens word || Pieter Roeloffse

25 December 2025 || Die geskenk van LIEFDE wat mens word || Pieter Roeloffse

無料で聴く

ポッドキャストの詳細を見る

概要

Geseënde Kersfees vir jou en jou mense!

Die digter R.S Thomas skryf in “The coming” van God en Jesus wat uit die ewigheid deur die wasige atmosfeer na die weerlose aarde kyk. Die aarde word beskryf as ’n verinnerweerde landskap en êrens op ’n heuwel staan ’n kruis met mense se smekende arms na die kruis toe uitgesteek…en dan sê die Seun vir die Vader “Let me go there.”

Mag jy hierdie Kersfees, hoe verinneweer óf geseën jou lewe ookal lyk, iets van Jesus se “Let me go there” ervaar - want die hoop, vrede, vreugde en liefde wat Hy gee kom tasbaar, menslik en naby.

In ’n gedig oor Jesus se geboorte beskryf Gerard Manley Hopkins die misterie as “God’s infinity dwindled to infancy.” God se ewigheid kwyn tot klein, tot toeganklik, tot ’n stal dat herders kan tuiskom, dit flonker as ’n ster sodat sterrekykers dit kon volg. Die ewigheid krimp tot ’n kind sodat die ewigheid in my en jou kan kom nesskrop — want Hy is Immanuel, God by ons.

Daarom wil Hy ook hierdie hoop, vrede, vreugde en liefde tasbaar toeganklik in ons en deur ons laat mens word.

Groete en vrede vir jou en jou mense
Pieter & die span

まだレビューはありません